Electronic Frontier Foundation

EFF Kenteken
Die EFF gebruik die bloulint as simbool vir die stryd ter verdediging van vryheid van spraak.

Die EFF (Electronic Frontier Foundation) is 'n organisasie sonder winsbejag in die V.S.A wat hom beywer tot die behoud van vryheid van spraak soos vervat in die Eerste Amendement van die Verenigde State se grondwet in die konteks van die hedendaagse digitale wêreld. Die hoofdoel van die organisasie is om die pers, beleidsmakers en die algemene publiek oor burgerregtekwessies wat verband hou met tegnologie in te lig en tree ook op as verdediger van daardie regte. Die EFF steun op lidmate se skenkings en is gesetel in San Francisco, Kalifornië, maar het ook personeel in Toronto, Ontario en Washington, D.C..

Die EFF neem aksie op verskeie maniere:

  • Verskaffing van fondse vir verdediging in die howe
  • Om indiwidue en nuwe tegnologieë te beskerm teen die effek van dreigemente van wetlike vervolging wat volgens die organisasie sonder behoorlike gronde is
  • verskaf riglyne vir die regering en howe
  • die reël van politieke- en massaposveldtogte
  • ondersteuning van nuwe tegnologieë wat hulle glo persoonlike vryhede beskerm
  • die onderhou van 'n databasis en webwerf met verwante nuus en inligting
  • monitering en die uitdaag van wetgewing wat hulle glo inbreuk sal maak op persoonlike vryhede en billike gebruik
  • die saamstel van 'n lys van gevalle wat hulle sien as patentmisbruik met die oogmerk om dié eise wat sonder meriete is te verslaan

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search